????????????????????
Baccalareus in Datawetenskap (B?DatSci)
(Voltyds en 'n residensiele program en nie aanlyn nie)
AANSOEKE VIR 2026 INNAME IS NOU OOP. MAAK SEKER JOU AANSOEK IS BETYDS VIR STUDIES IN HIERDIE GRAAD. GEEN LAAT AANSOEKE GAAN AANVAAR WORD NA SPERDATUM. AANSOEKE SLUIT 31 JULIE 2025.
?
?Die vierde industriele revolusie verander tans die wetenskap en die Industrie in merkwaardige maniere. Kunsmatige intelligensie, masjienleer, statistiese leer, diepleer, groot-data - hierdie is almal konsepte wat die kern vorm van die dissipline, Datawetenskap. Werk in bykans alle omgewings word meer en meer gedryf en bestuur deur data en hierdie kontinue transformasie van werksomgewings vereis betekenisvolle kaders van talentvolle gradueerdes met hoogs ontwikkelde datawetenskap- vaardighede en kennis. 'n Kwalifikasie in Datawetenskap is hoogs gesog en lei tot baie werksgeleenthede.
Alhoewel baie fakulteite oor die laaste klompie jare sekere Datawetenskap voorgraadse programme en fokusse ingestel het, het die Universiteit sedert 2021 begin met 'n nuwe voorgraadse program in Datawetenskap, wat waarlik multi-disspliner is.
Opedag: Saterdag, 15 Maart 202?5 ?(aanbieding hi?er????) - vir studente wat in 2026 eerstejaar is.?
? ?